Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

blokketting s.nw. | blokkettings | verdeelde openbare register/verslag van alle kriptotransaksies wat deur houers van kriptogeldeenhede in stand gehou en voortdurend bygewerk word: Elk van die rekenaars in die netwerk het ’n volledige kopie van die hele blokketting waarin ál die blokke data die een ná die ander chronologies georden is. Indien iemand die blokketting sou wou manipuleer, moet die persoon dit gelyktydig op meer as 50% van ál die rekenaars in die netwerk doen (Jan C. Greyling, Landbou.com, 12 Maart 2021). Elke blokketting maak gebruik van sogenaamde myners wat die transaksies daarop verifieer. Hetsy geld of inligting uitgeruil word, moet dit eers deur hierdie myners bevestig word voordat dit by die blokketting gevoeg word (Petrus Malherbe en Elvira Wood, Netwerk24, 12 Julie 2018). Met die blokketting word dié transaksielêers nie privaat bygehou nie, maar in die openbaar (Finweek, 1 Maart 2018).
SINONIEM(E): kluisketting
ENGELS: blockchain

KYK OOK: kluisketting, kriptogeldeenheid, kriptomyner


samestelling(s):
blokkettingnetwerk: Só is elke transaksie wat ooit plaasgevind het in die openbare domein vir enigeen om te gaan bekyk op bedieners (of nodusse) wat voortdurend in die wêreldwye blokkettingnetwerk toeneem in getal. (Finweek, 1 Maart 2018).
blokkettingontwikkelaar
blokkettingtegnologie: Alle kriptogeld gebruik … blokkettingtegnologie. Gestel jy stuur vir jou vriend bitcoin deur die bitcoin-netwerk. Daar is ’n gedesentraliseerde netwerk van rekenaars (reg oor die wêreld) wat dan “saamwerk” om die transaksie geldig te verklaar. En om eienaarskap te bewys. Alle transaksies word in “blokke” gepak om ’n ketting te vorm. Dit kan nie vernietig of verander word nie. Hierdie blokketting is basies soos ’n digitale lêer of rekord van daardie transaksies (Sarie, April 2018).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther