Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

grootdata s.nw. [versamelnaam] Ook groot data [ook met hoofletters]
groot versameling(s) data wat deur mense en rekenaars genereer word en wat ongestruktureerd is of so vinnig groei dat dit nie langer deur tradisionele stelsels vir dataverwerking hanteer kan word nie maar nuwer tegnologie vereis: Wat grootdata so enorm maak, is herhaalde inskrywings oor ’n tydperk, byvoorbeeld, ’n weblog skryf miljoene besoeke per dag op ’n paar webblaaie; of ’n selfoondatabasis stoor die tyd en plek van al die handstelle elke 15 sekondes (Eduan Kotzé, ’n Oorsig van grootdata- en datawetenskaponderrig aan Suid-Afrikaanse universiteite, 3 November 2016). ’n Hoeksteen van dié kennisekonomie is veral “groot data”, ’n term wat verwys na geweldige omvangryke datastelle wat deur ontleders en navorsers hanteer word (Wim de Villiers, Netwerk24, 1 Augustus 2019). Volgens definisie is grootdata ’n algemene term om datastelle te beskryf wat só groot of kompleks is dat hulle nuwe verwerkingsvorms moet kry om beter besluitneming, insigontdekking en verwerkingsoptimalisering moontlik te maak (Finweek, 16 Februarie 2017). Die Internet van Dinge het gelei tot die idee van Groot Data wat op sy beurt die manier waarop sake, die media en die verbruiker met mekaar in wisselwerking tree, radikaal verander het. Groot Data verwys na die bestuur van groot, komplekse en selfs uiteenlopende stelle data wat gebruik kan word vir voorspellingsontleding en besluitneming (Finweek, 28 Januarie 2016).
SINONIEM(E): omvangryke data
ENGELS: big data


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther