Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

koningin-gemaal s.nw. | koningin-gemale | [gewoonlik enkelvoud] Ook (verouderend) koningin-gemalin | koningin-gemalinne |
(in die Verenigde Koninkryk) vrou van die regerende koning: Charles het Britse parlementslede in die saal van Westminster by die paleis van Westminster toegespreek. Camilla, die koningin-gemaal, wat as koningin in die volksmond bekend sal staan, was saam met die koning (Arelene Prinsloo, Netwerk24, 12 September 2022). Koning Charles en die koningin-gemaal Camilla het net nie die aantrekkingskrag van Elizabeth II nie (Netwerk24, 10 September 2022). Camilla, die koningin-gemalin, het voor in die motor gesit waarmee sy en koning Charles na die lughawe in Aberdeen geneem is (Netwerk24, 9 September 2022). Die koning en koningin-gemalin sal vanaand in Balmoral bly en môre terugkeer na Londen (Maroela Media, 8 September 2022). Koningin Elizabeth II wil hê Camilla, hertogin van Cornwall, moet bekendstaan as koningin-gemalin wanneer prins Charles die troon bestyg (Netwerk24, 6 Februarie 2022).
◌ TEENOOR: ’n koningin (wat regeer), of ’n koningin-regent(es) (wat as regent(es) in die plek van die ware koning of koningin waarneem), of ’n koningin-moeder (gewoonlik die weduwee van ’n koning wat vroeër regeer het).

ENGELS: queen consort


oorsprong:
koningin + gemalin, van Oudhoogduits mahal, vergaderplek. Hier is volksvergaderings gehou, waartydens ook verlowings en huwelike voltrek is. Van mahal is die werkwoord mahalan afgelei, om verloof te raak. Hieruit ontstaan die Hoogduitse afleidings gimahelo vir ’n bruidegom en gimahela vir ’n bruid. In Vroeë Nieu-Nederlands (soos vandag weer) is gemaal vir beide man en vrou gebruik. Die vroulike vorm, gemalin, is later bygevoeg en word vandag deur die Taalkommissie as verouderd beskou.

 Luister  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther