Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

magwinya s.nw. | magwinya(s) | [soms verkort tot gwinya] [enkelvoud en meervoud] (Tswana, kookkuns) Ook (Zoeloe) amagwinya of (soms verafrikaans) magwinja
vetkoek, gemaak deur stukkies deeg in olie of vet te braai: Ek het magwinya en mielies uit my agterplaas verkoop om geld te maak (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). Magwinya is ook bekend as vetkoek, en in townships en landelike gebiede is dit gewilde straat- en trooskos. Magwinya bestaan uit meel, suiker, gis en water, wat goudbruin gediepbraai word (Piet Croucamp, Vrye Weekblad, 19 Julie 2024). In ’n poging om die gebruik van avokado in straatkos te bevorder het bemarkingsmaatskappye [...] ’n veldtog begin waardeur hulle avokado as vulsel in die gewilde Afrikavetkoek, die magwinya, onder verbruikers beproef het (Landbouweekblad, 26 November 2018). Op pad na die werk stop ek soms by die een ouma om magwinya (vetkoekies) te koop (Karien Brits, LitNet, 25 Maart 2020). Ek het geleer by watter stalletjie ek die varsste magwinjas (vetkoeke) kan koop, in watter agterstraat sit ’n winkel waar jy van ysterpotte tot haarjel kan koop, en alles tussenin (Wilna Adriaanse, Vrye Weekblad, 2 September 2022). In KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap [is] die gewildste wegneemkos [...] amagwinya, letterlik “wat die mond laat water”. ’n Gwinya is ’n ronde deegkoek so groot soos ’n appel (‌Finweek, 14 Januarie 2014).
SINONIEM(E): vetkoek
ENGELS: magwinya | amagwinya | vetkoek


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther