Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

millenniër | millenniërs | millenniërtjie | iemand wat behoort tot die demografiese generasie (Generasie Y) van mense wat van 1981 tot 1996 gebore is: In die VSA het Michael Dimock, president van die Pew Navorsingsentrum, gepoog om meer struktuur te gee aan breë sosiale groeperings gebaseer op jaar van geboorte. Dit het gelei tot ”troetelname” waarmee verwys word na die verskillende generasies sedert die 1920’s. Die generasies word soos volg getipeer: die “stille generasie” (gebore 1928–1945), die “baby boomers” (1946–1964), “generasie X” (1965–1980), die “millenniërs” (1981–1996) en die “post-millenniërs” (1997 tot hede). Elke generasie is in ’n mate gevorm deur gebeure van hul tyd, wat ingesluit het oorloë, resessies, politieke kwessies, die rekenaarrevolusie, die 9/11-toringramp, en die tegnologie (selfone, slimfone, ens.) (Leon de Beer, Wolboer 6 (5), November 2018). Millenniërs word gesien as te selfgeregtig, te ongeduldig, te lui, te onrealisties en dikwels te uitgesproke vir mense wat nog net 20 tot 28 jaar leef (Mercy Kannemeyer, Skrop). Millenniër: ons is ’n generasie wat vryheid bo alles stel (Arleen Stone, US, Netwerk24, 27 Maart 2019). Daar is ’n sterk saak daarvoor uit te maak om millenniërs in direksies van Suid-Afrikaanse maatskappye aan te stel, aangesien daar ’n gevoel is dat hulle hul vingers op die pols het wat betref ontluikende tendense en risiko’s (PwC-verslag oor nie-uitvoerende direkteure, Rapport, 10 Februarie 2019). Kan die gemiddelde millenniër apatie spel? Ek hoop van harte so. Maar vandag skryf ek nie oor of ons dit kan spel of nie, ek skryf oor die feit dat ons, as millenniërs, al hoe meer apaties raak (Jané de Wet, NMU, Netwerk24, 28 Januarie 2019).
ENGELS: millennial


samestelling(s):
millenniërroman
millenniërstyl


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther