Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

niebinêr b.nw. | niebinêr |
1
wat nie tot twee dinge of twee dele beperk is nie.

2
wat verband hou met of wat iemand is wat met ’n genderidentiteit identifiseer wat nóg heeltemal manlik nóg heeltemal vroulik is, of wat dié op so ’n manier uitdruk: In die eerste boek het hulle ’n moord in ’n Engelse herehuis opgelos op hulle onkonvensionele manier en nou is Claire, Sophie, die adellike Sebastian en sy nie-binêre nefie, die supercool Alex, weer saamgegooi op ’n eiland wat wemel van spoke (Deborah Steinmair, Vrye Weekblad, 31 Mei 2024). ’n niebinêre persoon die niebinêre gemeenskap Die transbeweging gaan lank nie meer oor ’n binêre denkwyse nie. Talle jongmense weier deesdae om “manlik” of “vroulik” te wees. Hulle wil bewustelik niebinêr wees (Izak de Vries, LitNet, 26 April 2023). Ek identifiseer as man en glo in gelyke regte vir almal wat identifiseer as man, vrou en niebinêr (Izak de Vries, LitNet, 26 April 2023). Die popster Demi Lovato wil nie meer as ’n vrou bekend staan of “sy/haar” as voornaamwoord hê nie. Vervaardigers van die wetenskapsfiksiereeks Star Trek: Discovery het die reeks se eerste transgender- en nie-binêre karakters bekend gestel (Netwerk24, 5 September 2020). Die Amerikaner het aangekondig dat “hulle” nou as nie-binêr identifiseer. Lovato verkies die voornaamwoord “hulle” om hulself te beskryf om daarmee die “vloeibaarheid wat ek voel in my geslagsuitdrukking die beste voor te stel”. Nie-binêr of genderqueer is ’n sambreelterm vir mense wat nie as manlik of vroulik identifiseer nie – identiteite wat buite die geslagsbinêr val. (Ross Michaels, Rapport, 23 Mei 2021).
SINONIEM(E): genderqueer
ENGELS: nonbinary | not binary

KYK OOK: tussenmens, genderqueer, LGBTQIA

3
van of wat verband hou met ’n getallestelsel wat nie 2 as basis gebruik nie.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther