Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

pamperlang ww. | het gepamperlang |
1
(via Engels) bederf: Pamperlang jou vel (Sarie, 18 Augustus 2022). Of jy nou jouself met ’n spoggerige salonbehandeling bederf of sommer net tuis pamperlang, daar is geen twyfel dat gereelde manikure en pedikure jou hande en voete in topvorm sal hou en sal klaarspeel met vele probleme wat kan opduik nie (Huisgenoot, 10 Junie 2022). Die vroue is gepamperlang en kon agteroorsit terwyl hul hare en voete versorg is (Weslander, 22 Augustus 2022).
ENGELS: pamper

2
(verouderd) by iemand flikflooi of iemand vlei met die doel om iets te kry.
ENGELS: coax | butter (someone) up

’n Slegte ruil?

Baie Afrikaanse woorde verloor hulle oorspronklike betekenis deurdat die betekenis van oënskynlik eenderse Engelse woorde op hulle oorgaan. As Afrikaans daardeur aan die een kant verloor sonder dat hy aan die ander kant iets bykry, word dit ’n slegte ruil.

Kyk byvoorbeeld wat met pamperlang gebeur het. Dit was oorspronklik ’n nuttige woord wat beteken om te flikflooi, witvoetjie te soek, deur vleiery iets te verkry, mooi broodjies te bak. ’n Kind wat graag iets wou hê, veral iets waarin sy ouers geen sinnigheid gehad het nie, kon by hulle pamperlang totdat hy dit kry.

Volgens Boshoff en Nienaber se Afrikaanse Etimologie kan dié woord dalk afkomstig wees van die Ou Friese woorde pampeln, wat “klets” beteken, en (an)langen, wat “aankom” beteken. Pamperlang sou dan eintlik beteken het om met kletspraatjies aan te kom.

Maar dié oorspronklike betekenis van die woord het al hoe verder op die agtergrond beland.

Vandag word pamperlang hoofsaaklik gebruik as vertaling van die Engelse pamper – om te koester, vertroetel, verwen of bederf. Al het die woorde eintlik net die eerste twee lettergrepe gemeen.

In sy nuwe gedaante is pamperlang besig om verwen en bederf te verdring. Eintlik verloor ons dus na albei kante toe.

J.J.J. Scholtz
Taalgereedskap: Die Burger, 14 Oktober 1991 © Netwerk24
In die Woordeboek van Afrikaans Vandag opgeneem met toestemming.  



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther