Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Roma1 s.nw. [versamelnaam]
1
› (die) Roma Ook (die) Romani
nomadiese volk in Europa wat bestaan uit verskillende groepe wat waarskynlik omstreeks 1000 VHJ uit Noordwes-Indië gekom het: Die internasionale federasie van die Roma, ’n nomadiese volk, sprekers van die taal Romani, maak beswaar daarteen dat hulle “Sigeuners”, in Engels “Gypsies”, genoem word. Tog staan daar [...] oor ’n besoek aan Rusland, in Rapport: “Ons ry verby woonstelblokke en die sigeuners se ghetto’s” (Jana Luther, LitNet, 28 Julie 2020).
SINONIEM(E): (moontlik neerhalend) Sigeuner | (neerhalend) sigeuner

2
› (die) Roma een van die bekendste groepe waaruit die Roma bestaan: Om die waarheid te sê, die geskiedenis van Europa is ook die geskiedenis van die rasse-vervolging van Joodse mense oor die eeue heen. Nazi-mobilisering het op ’n gunsteling-gehate groep geteer, soortgelyk aan hul aanslag op die Roma en Sinti, en gay en gender-niekonformerende mense (Christi van der Westhuizen, Netwerk24, 15 April 2021). Ná 1945 was die Duitse samelewing betreklik homogeen. Daar was enkele minderhede soos die Dene in die Noord-Duitse deelstaat Sleeswyk-Holstein, die Joodse bevolkingsgroep, die Sorbe (’n ou Slawiese volk) in Sakse en die Sigeuners (deesdae Sinti en Roma genoem), maar hul getalle was klein (Die Burger, 24 Januarie 2000).
ENGELS: Roma


samestelling(s):
Roma-gemeenskap: ’n Hongaarse uitgewer het lede van ’n minderheidsgroep, die Roma-gemeenskap, gevra om die vertaling te doen (Sonja Loots, Rapport, 11 April 2021).
Romagroep


KYK OOK: Rom, Sinti


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther