Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

selfdood s.nw. | selfdode | daad van self jou lewe te beëindig: Is daar werklik 'n toename in voorvalle van selfdood oor die feestydperk in Desember, en veral oor Kersfees? (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021). Haar jongste seun het sy eie lewe geneem – dít nadat sy 10 jaar tevore ook haar oudste seun aan selfdood verloor het (Huisgenoot, 31 Maart 2016). Die verlies van ’n geliefde aan selfdood is verpletterend vir die familie en vriende wat agterbly (Huisgenoot, 18 Februarie 2016). Party slagoffers raak depressief of dink aan selfdood omdat die situasie so hopeloos voel (Huisgenoot, 14 Januarie 2016). Dit was J. wat [...] die oproep van die kliniek in Zürich gekry het: Sy pa het sy selfdood uitgevoer (Huisgenoot, 15 Oktober 2015). Twee selfdode en een poging tot selfdood is [...] aangemeld (Netwerk24, 19 Oktober 2015). Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind ondanks die hoë getal selfdode wêreldwyd, is hulp nie ’n prioriteit in openbare gesondheidstelsels nie (Netwerk24, 14 September 2014).

geassisteerde selfdood selfdood wat met die hulp van iemand anders uitgevoer of toegepas word: In Suid-Afrika beywer die organisasie Dignity SA hom daarvoor om geassisteerde selfdood wettig te laat verklaar (Netwerk24, 8 Augustus 2018). Volgens die vaktydskrif The Lancet is daar ’n verskil tussen genadedood en geassisteerde selfdood. Genadedood is wanneer ’n dokter ’n persoon se lewe beëindig deur byvoorbeeld ’n inspuiting toe te dien om die pasiënt se lyding te beëindig. Geassisteerde selfdood is om iemand anders te help om hul eie lewe te beëindig, ook weens lyding, maar die persoon doen dit self terwyl hy of sy nog kan (Netwerk24, 8 Augustus 2018). bystanddood
ENGELS: (physician-)assisted suicide


samestelling(s):
selfdoodbomaanslag
selfdoodbrief
selfdooddrang
selfdoodgedagte
selfdoodhulplyn
selfdoodkoers
selfdoodneiging
selfdoodnota
selfdoodpoging: Nêrens ter wêreld is daar regtig ’n styging in die statistieke wat selfdoodpogings of sterftes as gevolg van selfdood oor die dae van Kersfees aandui nie (Louis Awerbuck, Vrye Weekblad, 17 Desember 2021).
selfdoodvoorkoming
selfdoodsending


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther