Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

stroomdiens s.nw. | stroomdienste | (rekenaar, internet) (internet)diens waarop gebruikers kan inteken om klank- en/of video-inhoud in opeenvolgende bondels/pakkies te ontvang sodat die inhoud voortdurend bly speel soos dit ontvang word, sonder om dit op die rekenaar of selfoon self hoef te bewaar: Oud en jonk figure sommer gou uit hoe ’n stroomdiens werk as hulle eers die skerm voor hulle het en dan gebruik hulle dit (Thinus Ferreira, Kuier, 17 Februarie 2021). Stroomdienste was 41% gewilder in Maart teenoor Februarie (Annelize Visser, Vrye Weekblad, 19 Junie 2020). Wat’s die stroomdiens vir jou? […] Met stroomdienste stel jy self jou kykgenot saam (Huisgenoot, 7 September 2018).
SINONIEM(E): stromingsdiens


samestelling(s):
musiekstroomdiens
videostroomdiens: As jy die geld het vir ’n videostroomdiens, laat dit jou toe om te kyk in jou eie tyd, na wat jy wil, soveel jy wil, wanneer jy wil, waar jy wil, en hoe jy wil – in jou bed op jou foon, op die bank voor die TV of waar ook al (Thinus Ferreira, Kuier, 17 Februarie 2021).


KYK OOK: stroom


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther