Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

tjoklit s.nw. | tjoklits | tjoklitjie | (via Engels, informeel) gestolde lekkergoed van kakao, kakaobotter, suiker en ander bestanddele: [Mens kan] dalk sommer net […] vir hom ’n kaartjie en ’n tjoklit stuur (Cyril Blackburn, Huisgenoot, 14 Januarie 2019). Hierdie oujongnooi kyk lankal nie meer of daar ’n Valentynsdagkaartjie in die posbus of ’n bos blomme by die voordeur is nie. Buitendien, tjoklits gee haar sooibrand en peperduur rose verlep sommer oornag (Maretta Bellingan, Rapport, 15 Februarie 2020). Party tjoklits het neute in (Leon van Nierop, Skrikkelkind, 2000). Baie mense dood oor tjoklits, maar ek het ’n soft spot vir spookasem (Leon van Nierop, Skrikkelkind, 2000). ’n Meisie van Bloemfontein-Oos / Het gesit met ’n pragtige doos / Vol tjoklits en tertjies / En gemmerbroodperdjies / En die lieflike prent van ’n roos (Philip de Vos, Die Worcester Asporcester en ander lustige limericke, 1989). Dié bier-, kunsmis- en koerantmagnaat en by tye selfs politieke gevegsknoper was doodseker die eindstryd is op sy Ellispark. Só seker was hy, dat hy 'n hele paar duisend tjoklitjies in ’n spesiale papiertjie laat toedraai het. Dié sou hy dan glo op elke sitplek in die stadion geplaas het (Die Burger, 5 Oktober 1991).
ENGELS: chocolate


UITDRUKKING(S):
iemand se hart tjoklits laat klop/pomp iemand se hart week/sag laat word (van liefde of jammerte): Max se hart klop tjoklits vir ’n meisie in sy klas, maar hy erken skaam aan sy vriende dat hy nie weet hoe om haar te soen nie (Christiaan Boonzaier, Netwerk24, 30 Augustus 2019).

die lewe is soos ’n boks tjoklits (– ’n mens weet nooit wat jy [gaan] kry nie) : (die karakter Forrest Gump in die gelyknamige Amerikaanse rolprent, 1994, en roman deur Winston Groom, 1986).


samestelling(s):
tjoklitpapier: Sy baadjiesakke is altyd vol tjoklitpapiertjies.
tjoklitkoek: Die koekspyskaart het begin en geëindig by tjoklitkoek, lemoenkoek, geelkoek, koffiekoek, vrugtekoek en konfytrolle (Annelie Botes, Netwerk24, 11 Januarie 2019).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther