Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

voetesleep s.nw. [geen meervoud] (figuurlik, informeel) Ook (soms) gevoetesleep
traagheid om iets te doen: Nou moet die parlement regtig hulle gat in rat begin kry om die ondersoek […] aan die gang te kry. Die gevoetesleep is waarskynlik die gevolg van vrees dat dit die parlementêre koukus gaan laat skeur (Max du Preez, Vrye Weekblad, 13 Maart 2020). Die landbou sal dit as ’n bedryf moet duidelik maak aan die regering en sy leiers dat die tyd vir voetesleep en ontkennings oor dinge soos plaasmoorde verby is (Landbouweekblad, 16 Augustus 2019). Foute is oor geslagte heen gemaak ten opsigte van grond, insluitend die voetesleep die laaste paar dekades met broodnodige grondhervorming (Dawie Jacobs, Beeld, 11 September 2018). ’n Samelewing waar haatmisdaad […] moontlik is. Dis die prys wat ons betaal vir die gevoetesleep met oneindige ondersoeke na homoseksualiteit, kerkregtelike verknorsings waarin ons toegespin is en ’n gebrek aan die uitvoering van besluite (Laurie Gaum, Netwerk24, 25 Junie 2016).
ENGELS: feet-dragging


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther