Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

Afrikaaps, Afrikaaps (taalkunde, taalbeweging) Ook AfriKaaps


s.nw. [geen meervoud] variëteit van Afrikaans wat op die Kaapse Vlakte gepraat word: Volgens die akademikus Quentin Williams van die Universiteit van Wes-Kaapland […] is AfriKaaps ’n taalkundige etiket wat verwys na ’n ontluikende variëteit van Kaaps, wat tipies in die Wes-Kaap gehoor word, en op sosialemediaplatforms breër gebruik word (Crystal Orderson, Vrye Weekblad, 13 September 2019). AfriKaaps is ’n variëteit wat gebruik word deur ’n generasie van Kaaps-sprekers wat ná die 1980’s in Suid-Afrika gebore is. “Dit is ’n etiket wat wys na die transformasie van die klankpatrone, die leksikale variëteit en die grammatikale struktuur van Kaaps, na wat ons vandag beskou as ’n nuwe manier van praat en wees in daardie variëteit. Met ander woorde, om AfriKaaps te praat, is om ’n nuwe spreker van Kaaps te word.” (Quentin Williams, Vrye Weekblad, 13 September 2019). Ek besig Afrikaaps omdat almal rondom my dit begryp en omdat die taal volgens my eintlik meer kleurryk word (Louis Sheldon, Die Burger, 16 Augustus 2019). Eerstens het my trotsheid om Afrikaaps te praat sterker geword en ek het selfs my monoloog vir my oudisie in Afrikaaps geskryf (Tarryn-Leigh Solomons, Die Burger, 19 Junie 2019). Sommige mense noem [Jolyn Phillips se] werk Kaaps of Afrikaaps. […] Wat noem jy jou werk? […] “Dis Afrikaans!” (Die Burger, 16 September 2019).
ENGELS: AfriKaaps


b.nw. | Afrikaapse | in of van Afrikaaps, of wat Afrikaaps betref: In Afrikaapse kringe word die argument gemaak dat moderne Kaaps(-Afrikaans) nie bloot ’n variëteit van moderne Afrikaans is nie, maar die direkte afstammeling van die oorspronklike Afrikaans. Daai Afrikaans is destyds deur wit kulturele toe-eiening (lees die GRA) uiteindelik omskep in wat grootliks vandag Standaardafrikaans (algemene Afrikaans) is, ’n ander taal by wyse van spreke (Sybrandus Adema, Vrye Weekblad, 5 Julie 2024).



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther