Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

blokkiespens s.nw. | blokkiespense |
1
(anatomie, kookkuns) tweede pens van herkouende diere, wat as deel van afval gekook en waarin harsings dikwels gaargemaak word: Skep die harsings met ’n lepel uit die skaapkop en hou dit eenkant. Haal die blokkiespens (ook bekend as die ruitjiespens of kleinpensie) uit die afval en vou die harsings daarin toe (Sonja Jordt, Tuis, 9 Augustus 2020). Sit die harsings binne-in die blokkiespens en bind stewig vas met kombuistou [...] Sit die harsings binne-in die blokkiespens in die harsingsholte van die kopbeen sodat dit nie breek en wegkook nie (Anél Potgieter, Rapport, 12 Julie 2021).
ENGELS: reticulum | honeycomb stomach

2
(anatomie, informeel) gespierde maag wat deur strawwe oefening verkry word en waarvan die bult van die buikspiere (rectus abdominis-spiere) soms met ’n sespak bier vergelyk word: Bobby-met-die-blokkiepens (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 7 Julie 2021).
SINONIEM(E): blokkiesmaag
ENGELS: six pack


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther