Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

geelpers s.nw. [geen meervoud] (neerhalend) Ook geel pers
› die geelpers bedenklike joernalistiek gekenmerk deur skindernuus, ongegronde aansprake en halwe waarhede: Al het ek nie deelgeneem aan die gerug-verspreiding nie, is ek natuurlik ’n nuusverbruiker, soms selfs van die geelpers, hoewel ek dit grootliks probeer vermy – behalwe wanneer ek my oë wil rol oor hulle absurditeite (Anesca Smith, Vrye Weekblad, 26 Maart 2024). [Die Britse koninklike familie] sorg steeds vir genoeg skandale in die geelpers (Madeleine Barnard, Vrye Weekblad, 13 November 2020). Albei here verkondig en versterk die narratief dat alles uitmekaarval en dat die owerhede (of minstens hul woordvoerders) daarop uit is om minderhede te blameer vir al ons sondes. Dis hierdie tipe xenofobiese geelpers wat daartoe kan lei dat Afrikaners al hoe neerslagtiger word en net die ergste verwag (Charl Adams, Rapport, 7 Julie 2019). Die groot vraag is of hierdie gruwelhuise ’n produk van ons samelewing is – en of dit ’n soort natuurfrats is waarin ons ons kan verlustig in die geelpers sonder om verantwoordelikheid daarvoor te neem? (Willemien Brümmer, Netwerk24, 19 Oktober 2017).
SINONIEM(E): riooljoernalistiek
ENGELS: yellow journalism, the yellow press


samestelling(s):
geelpers-fotograaf
geelpers-koerant: Dit was ’n saamgestelde bundel van Stones-foto’s deur die dekades, uitgegee deur die berugte Britse geelpers-koerant The Daily Mail – aansienlik meer bekend vir hul smerige skindernuus en lasterhofsake as vir diepgaande resensies van rockmusiek (Valiant Swart, Netwerk24, 11 September 2020).


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther