Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

kersieplukker s.nw. | kersieplukkers | (via Engels)
1
(vrugteplukker) persoon wie se werk dit is om kersies te pluk: Nog net ’n paar weke dan is dit tyd vir die kersieplukkers om te begin kom (Lynn Austin, Die vreemdeling, 2014).

2
(landbou, ens.) klein hidrouliese hyskraan met aan die punt ’n bak of staanplatform wat met tralies beveilig is vir die oplig van mense om byvoorbeeld aan oorhoofse drade te werk of vrugte van bome te pluk: Namate jy van links na regs beweeg, kan jy die ontwikkeling van boerderybedrywighede van die dae van trekperde en houtlere in die boorde tot die huidige era van vierwielmotorfietse en gemeganiseerde kersieplukkers volg (Sean Christie, Landbouweekblad, 19 Junie 2015). Nou die dag het een van hulle sy kersieplukker aangelos en badkamer toe gegaan. Toe hy terugkom, kon hy nie onthou in watter ry hy was nie. Hy het toe ’n ander kersieplukker aangeskakel en aangegaan met sy werk, terwyl die oorspronklike masjien in ’n ander deel van die boord staan en luier het! (Sean Christie, Landbouweekblad, 19 Junie 2015). Daar was geen ander raad as dat ek in die kersieplukker se bak klim nie. Weet jy hoe diep is daardie bak? As ek daarin staan, vat dit my tot onder my arms (Herman Smith, Zoutspansberger, 29 Mei 2015). Nooddienste het ’n kersieplukker gebruik om ondersoek in te stel na die Apolloteater in Shaftesburylaan se dak nadat dit inmekaargeval het (Netwerk24, 20 Desember 2013).
SINONIEM(E): kraaines

3
(figuurlik) persoon wat uit dit wat beskikbaar is, vir hom/haar net die beste/voordeligste uitsoek; kieskeurige.


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther