Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

middelvinger s.nw. | middelvinger | middelvingertjie |
1
middelste vinger van die hand.

2
gebaar om iemand te verwens, of as teken van minagting of verset: Z. se nuutste middelvinger vir die regbank is niks nuuts nie (Max du Preez, Vrye Weekblad, 19 Februarie 2021). Is hierdie gedrag ’n vorm van assosiasie met Donald Trump se domastrante middelvinger vir die liberale wêreld? (Max du Preez, Vrye Weekblad, 25 Junie 2021).

vir iemand die middelvinger gee Ook vir iemand die middelvinger wys(ook figuurlik) as teken van minagting of verset, ’n aanstootgewende gebaar maak of optree op ’n aanstootlike wyse wat vergelyk word met dié gebaar waarin iemand, met die res van die hand se vingers tot ’n vuis gebal, vir ’n ander persoon die middelvinger in die lug wys – gewoonlik beskou as ’n handgebaar vir “fok jou/julle”: Wat is meer effektief om ’n moralistiese regime die middelvinger te wys as die melodrama van Satan en die okkulte waarmee die establishment self vorendag gekom het? (Albertus van Wyk, Vrye Weekblad, 16 Desember 2022). Die boek wys ’n gemanikuurde middelvinger vir die patriargie, wat deur die eeue graag vir vroue preek en voorskryf oor hul eie lywe (Deborah Steimaier, Vrye Weekblad, 23 Junie 2021). H. het twee brouhoue en ’n lelike dubbele brouhou op die 11de (waar sy bal in die water beland het en hy twee keer letterlik middelvinger vir die meer gewys het) in ’n ronde van 74 (twee houe meer as baansyfer) aangeteken (Marizanne Kok, Netwerk24, 9 Maart 2020). [Die party] het ’n stewige middelvinger in die rigting van nie slegs die speaker of [president] gewys nie, maar wel in die rigting van alle Suid-Afrikaanse burgers (Anton van Niekerk, Netwerk24, 3 Maart 2020).


’n (vet) middelvinger (ook figuurlik) growwe belediging; teken van growwe minagting: [Die agentskap] is een vet middelvinger vir die massas (Max du Preez, Vrye Weekblad, 6 Maart 2020).
ENGELS: middle finger


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther