Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

waagkapitaal s.nw. [geen meervoud] kapitaal wat belê word in ’n projek of projekte wat gevaar loop om te misluk, maar as dit ’n sukses is, groot winste (sal) oplewer: Waagkapitaal is ’n moeilike spel – mens belê in ongenoteerde (en daarom illikiede) maatskappye met geen duidelike onttrekkingsmoontlikheid nie. Selfs al doen ons ’n behoorlike omsigtigheidsondersoek en deeglike papierwerk, waag ons uiteindelik geld op die entrepreneur of span. Dit is belangrik om te hou by ondernemings wat jy verstaan en mense wat jy vertrou (Michael Jordaan, Finweek, 10 Desember 2015). Dit kan baie moeilik wees om finansiering vir produkontwikkeling te kry. “Daar is altyd klein hoeveelhede kapitaal beskikbaar by familie, vriende en dwase. Maar om ernstige waagkapitaal te kry, sal afhang van die mark waarin jy werk” (Neil McMurchy, Finweek, 11 Junie 2015).
ENGELS: venture capital


samestelling(s):
waagkapitaalbedryf
waagkapitaalfinansiering
waagkapitaalfirma
waagkapitaalmaatskappy
waagkapitaalmodel
waagkapitaalonderneming


KYK OOK: waagkapitalis


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther