Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

char (Engels)


ww. | het gechar | betaal word om vir iemand anders in sy/haar huis te werk: So, dit was juis met hierdie heilige, politieke skoene wat ek eendag in Desember 1972 saam met Ouma in Seepunt by die Williamson-familie gaan char het (Jeremy Vearey, Jeremy van die Elsies, 2018). Om in sak en as te sit, is nie wie sy is nie daarom het sy elke werk wat sy gedoen het – van in ’n klerefabriek werk tot oumense was en char – met ywer aangepak (Ernusta Maralack, Kuier, 16 Mei 2019).


s.nw. | chars | iemand, veral ’n vrou, wat geld verdien deur ander met roetinetake in hulle huise te gaan help: Om dinge tuis makliker te maak, het Lawrence skool in standerd 8 (graad 10) verlaat nadat sy ma, wat as char gewerk het, vir hom ’n werk as skoonmaker by haar werkgewer se meubelfabriek in Woodstock gekry het (Marteli Brewis, Kuier, 12 April 2019).
SINONIEM(E): huiswerker | huishulp
ENGELS: char



Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther