Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

geslagsdisforie s.nw. [gewoonlik enkelvoud] (psigiatrie en psigoanalise) gevoel van onrus, rusteloosheid of angs wat iemand ondervind wat nie met die geslag waarmee sy/hy oënskynlik gebore is, identifiseer nie: Iemand met geslagsdisforie wat as transseksueel identifiseer, verwerp die geslag waarmee hulle gebore is en identifiseer nie net met die ander geslag nie, maar wil ook daardie geslag wees (Delia du Toit, Rapport, 22 Maart 2020). Al kan ’n kind se gevoelens oor geslag later verander, is terapie noodsaaklik omdat die angs en depressie wat dikwels met geslagsdisforie gepaardgaan, kan vererger as dit nie ernstig opgeneem word nie (Delia du Toit, Rapport, 22 Maart 2020). Die nuwe Trump-beleid laat diegene wat met geslagsdisforie gediagnoseer is tydens die Obama-beleid toe om in die weermag te bly en volgens hul geslagsidentiteit te dien (Netwerk24, 7 Augustus 2018).

Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther