Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

komplotter s.nw. | komplotters | (informeel, skertsend)
1
iemand wat ’n komplot smee.
ENGELS: conspirator | plotter

2
(neerhalend, beledigend) iemand wat samesweringsteorieë glo en/of verkondig: Vir ’n kort rukkie kon mense voorgee die ekonomie is nie in sy maai nie [...] Dis nou behalwe vir die groepie komplotters wat op sosiale media floreer en dit alles [koningin Elizabeth se jubileumviering] geïnterpreteer het as bewys dat die koningin, soos die pous, al lankal dood is (Adri Kotzé, Vrye Weekblad, 8 Junie 2022). Hoewel daar geen wetenskaplike bewyse is dat immunisering jou kind kan benadeel nie, is die komplotters nie oortuig nie. Daar is ’n reusekloof tussen wetenskaplike bewyse en wat hulle glo die verborge waarheid is (Sarie.com, September 2020). Die komplotters weet nie mooi wat om van dié een te maak nie: As 5G dan deel is van die internasionale sameswering om die bevolking kleiner te maak en ons almal aan die tirannie van ’n enkele wêreldregering te onderwerp, waarom baklei een deel van die Amerikaanse regering daarvoor en ’n ander deel daarteen? (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 7 Januarie 2022).
SINONIEM(E): komplotdenker | komplotmarmot
ENGELS: conspiracy theorist

KYK OOK: samesweringsteorie


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther