Woordeboek van Afrikaans Vandag

Redakteur: Jana Luther | En nog WAT | Podsendings | Help ons

Van 2020 af word eietydse taalgebruik – nuwe woorde, betekenisse, uitdrukkings, asook ouer vorme wat meestal nog nié in ander woordeboeke staan nie – intyds hier versamel en af en toe in Pharos Aanlyn bygewerk. Sedert 2024 word, met toestemming, ook taalrubrieke, -podsendings en ander -insetsels stelselmatig bygevoeg. Dit kry jy slegs hier. Tik ’n woord in die soekkassie en vind dit dadelik, indien dit opgeneem is – ook Engelse woorde. Let op dat jy moet aandui of jy in die woordeboek of rubrieke wil soek. Onthou dat ’n lewende woordeboek, nes Afrikaans, heeltyd groei en verander. Neem aan ons leesprogram deel en help ons!

Soek in:

koolstofspoor s.nw. [gewoonlik enkelvoud] Ook koolstofvoetspoor
totale hoeveelheid koolstowwe – hoofsaaklik koolstofdioksied/koolsuurgas en metaangas – wat deur 'n bepaalde aktiwiteit, of die aktiwiteite van ’n bepaalde individu of groep, tot die aarde se atmosfeer bygevoeg word: Dit is duidelik dat diereprodukte ’n baie groter koolstofspoor as plantaardige produkte het (Johan Norval, Landbouweekblad, 10 Desember 2019). Jou koolstofspoor gaan groter wees as jy elke dag met jou eie motor werk toe ry, pleks van per bus of as deel van ’n saamryklub (Willem Kempen, Vrye Weekblad, 6 Desember 2019). [Die skool] is goed op dreef om binnekort sonkrag te kry. [… Die hoof] voel dit is ’n goeie manier om hul koolstofspoor te verminder en ook op die skool se elektrisiteitsrekening te bespaar (Nielen de Klerk, Netwerk24, 27 November 2019). Klimaatberade het ’n enorme koolstofvoetspoor. Die beraad in Madrid is na raming deur meer as 25 000 afgevaardigdes bygewoon. Die meeste mense het daarheen gevlieg (Elise Tempelhoff, Netwerk24, 24 Desember 2019). Die egpaar het [...] in die Britse poniepers deurgeloop omdat hulle in ’n kort tydjie vier vlugte op ’n private straler onderneem en dit hul koolstofvoetspoor verhoog het (Netwerk24, 26 Desember 2019).
ENGELS: carbon footprint


Let wel
As ’n soekwoord nie as trefwoord opgeneem is nie, word dit in ander artikels vertoon, indien dit voorkom. Soek dan met CTRL-F om sulke voorbeelde op jou rekenaarskerm uit te lig. Jy kan ook met spesiale karakters soek. Kyk hier onder.


   En nog WAT – Koop op Amazon


Please note
This dictionary mainly contains words, meanings and expressions that have not yet been included in other Afrikaans dictionaries, together with a collection of language columns, blogs, video inserts and podcasts. If a search word is not included as a headword, examples of the word in other entries (definitions, usage examples, usage notes, etc) are displayed, if they occur. Then search with CTRL-F to highlight such examples on your screen.


Soek met spesiale karakters

SimboolFunksieVoorbeeld
"..."Frase"ten opsigte van"
_Een ontbrekende karaktercal_one
%Enige aantal ontbrekende karakterska%abidiol
/1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in dié volgorde"wat lei"/7
@1-9Binne dié getal woorde van mekaar, in enige volgorde"wat lei"@7
&Vind al tweevirus & epidemie
|Vind die een of die andervirus | epidemie
#Vind die een of die ander, maar nie al twee nievirus # epidemie

Hierdie woordeboek is aan geen ander woordeboekprojek verbonde nie en word deur niemand geldelik gesteun nie. Dit is ’n onafhanklike inisiatief van die redakteur in haar vrye tyd.

Kopiereg © 2020-2026 Jana Luther